
=====================================================================
Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Goeie musiek kook al hoe kwaaier

Theunis Engelbrecht   glo Afrikaanse ligte musiek van gehalte gooi goed wal teen die golf van te soet en te stout klanke.

DAAR is 'n magdom Afrikaanse popliedjies wat cool is en lirieke het waarvoor 'n mens jou nie hoef te skaam nie, waarin die veelsydigheid, 
beeldrykheid en aardsheid van die taal tot sy reg kom. Daar is ook 'n magdom liedjies met stompsinnige lirieke wat hul gehoor se 
intelligensie onderskat -- dink maar aan di van Patricia Lewis, Andr Schwartz en Jurie Els (daar is nog baie meer).

Dit gaan maar so in enige taal. Afrikaans is nie 'n uitsondering nie. Wat 'n mens wel die duiwel in maak, is dat die breinlose musiek 
skynbaar groter kommersile sukses het as die liedjies met ware gehalte.

Gelukkig is daar heelwat Afrikaanse liedjies wat tydloos is en waarvoor 'n mens nooit moeg sal raak nie. Die grootste nuus is dat al Anton 
Goosen   se vroe albums voor einde vanjaar op CD heruitgereik word deur Wildebeest Records: Boy van die suburbs (sy 1979-debuut), 
Liedjieboer, Winde van Verandering, 2de Laan 58, Jors Troelie, Tussen twee rooi mure, Liedjieboer innie City/Stad en Lappiesland. Die beste 
soort erkenning wat 'n mens aan 'n kunstenaar soos Goosen kan gee, is om al hierdie CD's te koop en te herontdek.

Goosen is sowel 'n briljante liedjieskrywer as 'n digter en 'n storieverteller. Hy het nie net oortuigend geskryf oor landelike karakters 
en die ongeskondenheid van 'n eenvoudiger bestaan nie ("Ouma se warm kombuis" op Liedjieboer),maar ook oor die stadsmens en sy 
omstandighede ("Brief vir Simone" op Liedjieboer), suburbia ("Boy van die Suburbs"), folklore en spoke ("Blommetjie gedenk aan my"). Hy 
lewer sosiaal-politieke kommentaar ("Winde van verandering", "Huis toe met 'n waitress"), sosiale satire ("1980 Boereblues" ) en natuurlik 
tydlose liefdesliedjies ("Jy's 'n lady", "Jy en ek en ons se onstwee" en "Bokkie Blou") -- en dan is dit nog nie eens 'n volledige lys nie.

Goosen het al die liedjies geskryf op Sonja Herholdt   se nuwe CD, 'n Ritsel innie rietbos, was die regisseur daarvan en het al die 
verwerkings gedoen. Ook hierop is talle voorbeelde van Goosen se meesterskap.

Goosen is straks die grootste Afrikaanse liedjieskrywer -- 'n aanspraak wat moeilik betwis kan word as 'n mens oorsigtelik na sy werk van 
die afgelope twintig jaar kyk.

Natuurlik is daar ook heelwat ander liedjieskrywers van formaat in Afrikaans -- David Kramer, Koos Kombuis, Coenie de Villiers, Lucas 
Maree, Koos du Plessis en Johannes Kerkorrel, om die belangrikstes te noem. Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock se jongste CD, 
Vuurklip, bevat ook goeie lirieke, en Valiant Swart het reeds bendruk met gehalte.

Laurika Rauch   se toonsettings van Boerneef gedigte soos Met transistor innie hand en Niks hang so rooi soos wingerdblaar en Ingrid Jonker 
se Begin somer, Toemaar die donker man en Kabouterliefde het ook besonderse liedjies gelewer.

Nuwe kunstenaars woeker ook met Afrikaans, soos die Kaapse groep Raaskopleef met sy anargistiese liedjies, Brollox en Bittergal, die groep 
Mud Ensemble, wat die digter Johan van Wyk   se werk getoonset het, Gert Vlok Nel   met sy CD Beaufort-Wes se Beautiful Woorde en die 
draaksteeklirieke van die Dennis Brothers (wat binnekort ook 'n CD onder die naam Akkedis uitreik).

Voor die einde van die jaar word die groep Koos se vroe opnames op CD heruitgereik. Lede was destyds onder andere die akteurs Marcel van 
Heerden, Gys de Villiers en Megan Krushkal en die kunstenaar Neil Goedhals. Di groep se klanke (hulle het ook in Engels gewerk) was iets 
heeltemal unieks in Afrikaans en volgens heelparty mense ook die mees progressiewe musiek ng in Afrikaans. Koos was die voorloper van Mud 
Ensemble.

Nadat hy jare lank net in Engels geskryf het vir sy rockgroep Jack Hammer, skryf Piet Botha deesdae ook in Afrikaans. Sy Afrikaanse debuut, 
'n Suitcase vol winter, was baie gewild, en na verneem word, werk hy reeds aan 'n nuwe Afrikaanse album.

Al hoe meer ou plate word op CD heruitgereik, en dis interessant dat die belangstelling in CD's soos Volvry en Houtstok- rockfees deesdae 
groter is as toe dit destyds op LP's uitgereik is!

Die werk van histories benadeelde gemeenskappe verdien meer aandag. Hulle het belangrike bydraes gelewer. Daar was byvoorbeeld die Kaapse 
sjebiendisko van Oom Hansie en Groove Station, en ook die briljante en baie spesiale album van Mr Mac & The Genuines. As di albums nie op 
CD heruitgereik gaan word nie, sal dit 'n groot verlies wees.

Dis asof die bevryding van Afrikaans gelei het tot 'n nuwe energie en kreatiewe ontwaking ook in ligte musiek. Al rede tot kommer is dat 
Afrikaanse borrelgom-en-suikerpop-musiek en deesdae ook studentikose kleinhuisieklanke baie beter verkoop as Afrikaanse musiek van 
uitstekende gehalte. Ons groot liedjiekunstenaars, soos di hierbo vermeld, verdien die platinumplate en die geld wat daarmee saamgaan. 
Ondanks di knelpunte, is dit egter 'n feit soos 'n koei (heilig f mal): Afrikaanse musiek kook al hoe kwaaier soos die eeu aanstap. 
Theunis Engelbrecht   is Kalender van Beeld se skrywer oor ligte musiek.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5412.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

